Die paartjie het ná hul troue in 1956 as melkboere in Sjintomi, Japan, ’n gelukkige lewe saam met hul twee kinders gevoer. Die harde werk het hulle nie afgeskrik nie. Hulle het immers ’n doel voor oë gehad: om te spaar vir hul aftrede en Japan daarna te deurkruis.

Lees ook: Is jy ook 'n opgaarder?

Maar die noodlot het ’n stokkie voor hul planne gesteek. Toe mev. Kuroki 52 jaar oud word, het sy haar sig binne ’n week verloor weens komplikasies met diabetes. En daarmee saam ook haar lewenslus. Haar man het alles in sy vermoë gedoen om haar op te beur, maar tevergeefs.

Toe sien hy ’n pienk sjibazakoera-blom in hul tuin – ’n pragtige blom wat terselfdertyd ook ’n wonderlike geur afgee.

Die volgende twee jaar lank het hy derduisende van dié blomme in hul tuin geplant. Meer as ’n dekade later lok die pienk tapyt in die lente sowat 7 000 besoekers per dag.

Lees ook: Opgewondenheid oor nuwe kankerterapie

Maar vir mnr. Kuroki gaan dit nie oor die besoekers wat hulle in die blommeprag verlustig nie. Sy wens het waar geword: Daar is deesdae voortdurend ’n glimlag op sy vrou se gesig.

Bronne: metro.co.uk, mtv.com, youtube.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

28 sterf ná dodelike motorbom Turkse hoofstad ruk

Staatsamptenaar draai ses jaar lank stokkies – sonder dat iemand dit agterkom

Ken jy bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se regte naam?

Romantiese huweliksaanbod toe eintlik ’n wrede poets