Twee Amerikaanse ouers was omtrent geskok toe hulle skielik hoor hoe ’n vreemdeling hul kind allerhande aaklighede toesnou . . . via haar babamonitor.

Marc Gilbert was omtrent ontsteld toe hy skielik hoor hoe ’n vreemde stem sy tweejarige dogter, Alysson, onder meer ’n “****** moroon” noem.

Marc het aan ABC News gesê: “Ek het na die monitor gehardloop en dit ontkoppel en probeer uitwerk wat gebeur het. Ek kon nie die man sien nie. Jy kon net sy stem hoor en ek het agtergekom hy beheer die kamera.”

Die meisie, wat doof is, het gelukkig nie van die monitorkraker se gruwelike aanmerkings wakker geword nie.