Wang Kayui het glo die tweetjies deur ’n Viëtnamees bekom.

Hy het na bewering glad nie geweet dat daar enigiets vreemds was aan sy “goed gemanierde” troeteldiere nie. Boonop is altwee daagliks gebad en vertroetel. Namate hul ouer geword het, het Wang begin merk dat hulle ongewone streke uithaal. Die “hondjies” se eetlus het toegeneem en kort voor lank was Wang se hoenders nie meer veilig nie. Boonop het albei troeteldiere ook ‘n stewige 45 kg geweeg. Nadat Wang ’n pamflet van die Public Security Bureau in die hande gekry het, het hy besef dat sy twee “hondjies” in werklikheid Asiatiese swartbere was: Kategorie 2- beskermde bedreigde diere. Hy het toe sy troeteldiere aan die owerhede oorhandig wat hulle na die Yunnan Wild Animal Rescue Center geneem het.

Bronne: dailymail.com, mashable.com