’n Woordvoerder vir die Prattville-polisie, Paula Barlow, sê die brak, genaamd Bo, het sy voortvlugtige baas agtervolg terwyl polisiebeamptes op sy spoor was. Toe die hond stilhou, het hulle sy stert in lang gras gesien swaai en Edwin Henderson so gevind en in hegtenis geneem.

Paula sê die jaagtog het begin toe twee beamptes Woensdag met ’n lasbrief opdaag en Edwin vlug.

Nadat ’n ondersoeker na hom gewys het en aan die hond gesê het om hom te gaan kry, het Bo geluister.

Paula sê Edwin word aangekla van versuim om die polisie te gehoorsaam, die vervaardiging van ’n beheerde middel en die besit van dwelmtoebehore.

Dit is onbekend of hy ’n prokureur het en wie nou na Bo kyk nie.

Bronne: Facebook, Daily Mail, ABC News