Die man het in Januarie vanjaar in ’n hof in Moembai ’n egskeidingsaak aanhangig gemaak. Hy het beweer sy vrou is “aggressief en outokraties” en het hom sedert hul troue in April 2012 geteister met eise vir seks, het die Deccan Chronicle berig.

Die regter het die huwelik ontbind, en het gesê die vrou het nie gereageer op ’n lasbrief om in die hof te verskyn nie, het die Daily News and Analysis berig.

Die man sê sy vrou het hom gedwing om medisyne te neem wat sy seksuele stamina verhoog, en hy het beweer haar eise het hom een keer hospitaal toe gestuur.

“Dit is ondraaglik vir hom en hy kan nie meer gruweldade deur die respondent (die vrou) verdra nie,” het die petisie gelees.

“Hy voorsien ’n lewensgevaar. Die respondent het met haar wrede optrede sy lewe ondraaglik gemaak.”

- Sapa