Hulle sê mos ware liefde ken geen perke nie, en in die geval van Mike en Angela Johnson lyk dit beslis of dit waar is!

[caption id="attachment_124720" align="alignnone" width="600"]fjklgh Mike en Angela Johnson is van die afgeleë dorp Yellow Knife in Kanada. Foto: Facebook[/caption]

Mike en Angela, ’n getroude paartjie van Yellow Knife in Kanada, is albei versot op KFC. Trouens, die twee is so gek oor dié hoender dat hulle dit by hul troue 15 jaar gelede voorgesit het.

Sedertdien bederf Mike elke jaar op hul huweliksherdenking vir Angela met ’n lekker wegneemete van KFC. Tot hy vanjaar ’n lelike bloutjie geloop het: Die naaste KFC aan hul huis het sy deure gesluit.

Yellow Knife is ’n afgeleë dorp in die noorde van Kanada, sowat 2 300 km van Vancouver af. Tog sou Mike nie toelaat dat ’n gebrek aan ’n KFC naby hulle hul 15 jaar oue tradisie kelder nie.

Lees ook: Kyk net wat vang dié vrou met haar werkgewer se sap aan!

Hy en een van sy seuns het toe gou op die internet gaan rondkrap op soek na die naaste KFC – en gesien dis maar net 700 km van hulle af!

[caption id="attachment_124723" align="alignnone" width="600"]Dis hoe ver Mike en sy seun gery het na die NAASTE KFC aan hul huis in Yellow Knife. Foto: Google Maps Dis hoe ver Mike en sy seun gery het na die NAASTE KFC aan hul huis in Yellow Knife. Foto: Google Maps[/caption]

Die twee spring toe in die gesin se motor en pak die lang pad aan. Toe hulle by hul naaste KFC in High Level, Alberta, aankom, bestel Mike sommer daar en dan 15 bakke hoender om die rit darem die moeite werd te maak.

Die personeel in KFC was ’n bietjie oorbluf, om die minste te sê, vertel Mike aan CBC News. “Hulle het gesê dit sal dalk ’n rukkie duur,” vertel hy. “Ek sê toe dis oukei, en toe begin hulle dit dadelik voorberei.”

Mike het selfs sy sjarme probeer inspan om die restaurant te oorreed om gevriesde KFC-hoender aan hom te verkoop, maar hulle wou niks weet nie. “As jy gevriesde hoender soek, gaan na die supermark!” moes hy hoor.

Die pa en seun het dieselfde dag nog terug in die pad geval met hul 15 bakke KFC veilig op die agtersitplek.

Maar wat het die hele petalje hom uit die sak gejaag? ’n Allemintige R8 650 aan brandstof en die maaltyd!

“Dit was elke pennie werd,” sê Mike. “Ons hou hierdie tradisie al 15 jaar aan die gang. Hoekom sal ons nou ophou?”

Bronne: Metro, CBC News

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dit gons vandag landwyd in die howe met drie hoëprofielsake

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!