“Daar word vermoed die man was op pad werk toe toe hy na bewering aangerand en van die brug af gegooi is,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê.

Paramedici was op pad huis toe ná hul nagskof toe hulle by die toneel verbyry en stilhou om te help. Die man is net voor 07:00 gekry waar hy met sy gesig na onder op die pad tussen Mitchells Plein en Nyanga lê.

Hy het kopbeserings opgedoen en is hospitaal toe geneem.

Die polisie het geen rekord van die voorval nie, het lt.-kol. Andre Traut, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie gesê.

Die metropolisie was ook nie daarvan bewus nie.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Klop só lag-lag jou hoofpyn

Van kaalvoet-kannetjie tot Bokke se ‘coach’: So het Allister Coetzee se loopbaan verloop

Gucci-advertensie verbied oor ‘ongesond maer’ model

‘Vet Vincent’ die worshond skud die kilo’s af – en jou troeteldier kan ook

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het

Aantal tiere wêreldwyd styg eerste keer in ? eeu

Hulp vir deurmekaar kiesers ná adres-SMS oor munispale verkiesing