|WAARSKUWING: GRAFIESE FOTO'S|

’n Foto van ’n man wat in die hospitaal lê met ’n spies deur sy kop, het blitsvinnig aanlyn versprei.

spearfishing

Die man, wat nog nie geïdentifiseer is nie, is luidens berigte in die Bahamas deur ’n duiker vasgepen.

Hy het die ongeluk oorleef, hoewel hy heeltemal verward lyk met bloed wat uit die wond en uit sy neusgate stroom.

Nog ’n foto het opgeduik waarop die man, toegedraai in verbande en omring deur sy geliefdes, later glimlag.

after_accident

Besonderhede oor hoe die skokkende ongeluk gebeur het, het nog nie aan die lig gekom nie.

"Julle moet versigtig wees daarbuite, manne; weet saam met wie julle duik,” lui die byskrif by die plasing op die Faceboek-blad van Spearfishing Reviews. Dit het soos ’n veldbrand versprei.

"Hy weet ten minste nou hoe ’n vis voel,” was een van die minder simpatieke aanmerkings.

Bronne: MailOnline, Mirror