[caption id="attachment_173837" align="alignnone" width="600"]Foto: ER24 Foto: ER24[/caption]

Volgens ER24 het paramedici op die toneel gekom en die voertuig in die middel van die pad aangetref. Die bakkie was heeltemal verfrommel aan die regterkant.

Paramdici het die ergste verwag maar tot hul verbasing die bestuurder van die voertuig, ’n man in sy dertigs, aangetref waar hy naby die voertuig sit en wag.

Die man het blykbaar beheer oor sy voertuig verloor. Dit het met die versperrings langs die pad gebots en daarna gerol.

Hy het op die toneel behandeling ontvang en is daarna na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.