Die staaf het sy bobeen deurboor en by die boonste deel van sy rug uitgekom.

"Wonderwerke gebeur nog en daar is ’n lewende God,” het Daniël aan News24 gesê.

Hy is ’n ingenieurstoesighouer en mynreddingswerker by die Sibanye-goudmyn naby Carletonville.

Daniël was op 10 Januarie vanjaar besig om ’n afvoerpyp in een van die mynskagte (3,5 km ondergronds) oop te maak wat deur modder verstop was.

Hy het ’n staaf, bekend as ’n ‘gwala’ in sy veld, gebruik om die modder weg te kry. Die naaldvormige instrument is 1,8 meter lank en ongeveer 2,5 cm in deursnee. Die een punt van die gwala is skerp en die ander een stomp.

"Die modder het mooi dreineer en ek het vir Mark (’n kollega) gesê ek wil ’n foto daarvan neem, en toe sit ek die gwala regop neer,” vertel Daniël.

Toe hy hom hoog genoeg probeer oplig om ‘n foto van die dreinering te neem, het sy voet op ‘n modderige gedeelte geglip.

“Die gwala is van voor af deur my bobeen, deur my ingewande, deur my maag, deur my linkernier en die onderste helfte van my linkerlong. Dit het net bokant my linkerblad by my skouer uitgekom.”

Sy kollegas het bo-grondse spanlede deur middel van ‘n tweerigtingradio ingelig oor die gebeure, en hom so gou hul kon na die oppervlakte geneem.

Die paramedici van die myn reeds was reeds byderhand om na Daniël om te sien toe sy kollegas hom bo-gronds gekry het. Ten spyte van die pyn en ongerief het hy vanaf die draagbaar nog steeds instruksies aan sy span uitgedeel.

‘n Lugambulans van die myn het hom na die Milpark-privaat hospitaal in Johannesburg geneem.

Die mediese span het minder as ’n uur later skadebeheer toegepas. Hulle het, met behulp van twee van die grootste paramedici wat hulle kon vind, daarin geslaag om die gwala uit sy liggaam te verwyder.

Prof. Kenneth Boffard, trauma-direkteur van die Milpark-hospitaal, het die koevoet daardie aand verwyder.

Daniël was vir 19 dae in die hospitaal en vir 5 van daardie dae aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.

HY is sy een nier kwyt en sy maag is effens verklein.

’n Stuk van sy derm is ook verwyder.

Aanvanklik is gesê hy sou eers in Augustus weer kon ­begin werk, maar hy was in Mei vanjaar terug op sy pos.

Hy is weer terug in die tuig en werk weer saam met die reddingspan om ander mynwerkers te red, vure te blus en verstopte modderdamme oop te maak.

Bronne: News24 Netwerk24