’n Man van Swellendam het luidens berigte Maandag op die pad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp sy lewe geneem, berig die Oudtshoorn Courant.

Die man, wat glo met ’n motorfiets gery het, het stilgehou by ’n aftrekplek langs die pad en homself toe geskiet. Die polisie op Oudtshoorn het bevestig sy familielede is in kennis gestel.

Die man is later geïdentifiseer as Collin Glanwill King (70).

Die polisie ondersoek die saak.

Bronne: Mosselbay Advertiser, George Herald, Oudtshoorn Courant.