’n Vrou van Bulawayo in Zimbabwe is skadevergoeding van meer as R27 000 ($2 000) toegestaan nadat sy ’n eis teen haar voormalige kêrel ingestel het omdat hy haar maagdelikheid geneem en daarna die verhouding beëindig het.

[caption id="attachment_154455" align="alignnone" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Nataly Madziwa (19) het aanvanklik R100 000 ($8000) van Joel Moyo (32) geëis omdat hy nie by sy belofte gehou het om met haar te trou nadat hulle die eerste keer seks gehad het nie, berig die Zimbabwiese koerant The Chronicle.

Die twee was glo sedert 2014 in ’n verhouding en sou die res van hul lewe saam deurbring, maar Joel het haar soos ’n warm patat gelos kort nadat hulle die eerste keer in 2015 saamgeslaap het.

Nataly, wat swanger geraak het en intussen 'n kind in die wêreld gebring het, se regspan voer aan haar kanse om ’n nuwe man te vind is nou uiters skraal omdat sy nie meer ’n maagd is nie en boonop ’n kind het.

Sy het haar tot die hof gewend om skadevergoeding te eis. Sy het hom boonop kort nadat hul verhouding beëindig is in die bed met ’n ander vrou betrap. Dit blyk toe Joel is ook ’n getroude man, berig berig Daily News.

"Hy het my trots as vrou weggeneem en my voor die gemeenskap, my ouers en portuurgroep verneder," het Nataly gesê.

Op sy beurt het Joel gesê hy twyfel of die kind werklik syne is en bygevoeg hy is ook nie seker of sy wel ’n maagd was voordat sy hom ontmoet het nie.

Bronne: Daily News, The Chronicle, Nehanda Radio.