’n Man is in hegtenis geneem nadat die Franse polisie hom kon identifiseer aan sy oorafdrukke, wat op die deure van sowat 80 inbraaktonele in Lyon gevind is.

Die 26-jarige verdagte, wie se naam nie bekend is nie, het sy oor teen deure gesit om te hoor of daar iemand in die huis is. Dié gewoonte het daartoe gelei dat die polisie sy oorafdrukke op deure by sowat 80 inbraaktonele kon vind.

’n Polisiebeampte het gesê die man, wat in Georgië gebore is, se tegniek is ’n “ou een”.