Dit sou die eerste kind ooit gewees het wat met ’n oorplant-penis verwek is.

baba sonar

Na wat verneem word, het die ontvanger en sy vriendin hul baba, in ’n baie laat stadium in die swangerskap, verloor.

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch (US) kon nie hierop kommentaar lewer nie.

Die 21-jarige man oorspronklik van die Oos-Kaap sou nou in Desember, ’n jaar ná die operasie, pa geword het.

“Hy is baie privaat. Hy het nie eens vir my gesê wat die baba se geslag is nie," het prof. Andé van der Merwe, hoof van die US se urologie-afdeling, op 12 Desember aan Rapport gesê. Dis nog nie duidelik waaraan hul ongebore baba dood is nie.

Die ontvanger het vier jaar gelede sy penis verloor weens komplikasies nadat hy in 'n insiasieseremonie besny is.

Lees ook

Hoop vir seuntjie met misvormde penis

Ma hoop Kaapse dokter kan seun sonder penis help

– Pieter van Zyl