’n 106-jarige Amerikaanse man het eindelik sy hoërskoolloopbaan voltooi.

Fred Butler moes kleintyd die skool verlaat sodat hy voltyds kon werk om sy gesin te help onderhou.

Hy’t ook in die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen, intussen getrou en is die pa van vyf kinders.

Fred se skoondogter, Cathy Butler, het hom glo sy Matriek help voltooi nadat sy vrou op 65-jarige ouderdom gesterf het, het die Huffington Post berig.

“Ek wil almal bedank wat my gehelp het om dié droom te bewaarheid,” sê Fred.

-Bang Showbizz