Aanklaers sê Alan Knight het meer as R715 000 van ’n bejaarde buurvrou met Alzheimer-siekte gesteel. Toe die polisie begin ondersoek instel, het Knight beweer hy is ’n kwadrupleeg en so siek dat hy soms in ’n koma gaan.

Hy het hom in die hospitaal laat opneem om hofverskynings vry te spring. Die bedrog is ontdek toe die polisie die gebruik van sy supermarkkaart nagaan en beeldmateriaal vind wat hom wat bestuur en loop.

Knight het Dinsdag by ’n hof in Swansea skuld erken op 19 aanklagte van vervalsing, bedrog en diefstal. Hy sal op 7 November gevonnis word.

- Sapa