Sportmanne eet graag piesangs vir energie; huisvrouens gebruik dit om piesangbrood mee te bak en skoolkinders lê maar te graag daaraan weg in pousetyd. Maar Stephan Brusche het heel ander idees wanneer dit by die geliefde lang geel vrug kom. Dié ontwerper van Rotterdam in Nederland omskep al vir ’n geruime tyd piesangs in die mooiste kunswerke, maar deesdae loop daar selfs ander vrugte onder sy pen deur. Hy het onlangs ’n skets op ’n suurlemoen gedoen van die beeld wat jy sien wanneer Beyoncé se nuwe musiekvideo, Lemonade, begin.

A photo posted by Stephan Brusche (@isteef) on

Hy het ook al ander hedendaagse nuus en temas in die vermaaklikheidswêreld uitgebeeld soos die liggaam van Jon Snow, ’n karakter in die uiters gewilde televisiereeks Game of Thrones, wat hy op ’n piesang geteken het.

A photo posted by Stephan Brusche (@isteef) on
Dan is daar ook die batman-gesig wat hy uit ’n kiwi-vrug gemaak het en die Amerikaanse kunstenaar, wyle Bob Ross, wat hy op ’n brokkoli-stam geteken het.

A photo posted by Stephan Brusche (@isteef) on

Stephan het aan die webtuiste Bored Pada gesê hy het op ’n dag begin om op ’n piesang te teken. “Ek was verstom om te voel hoe lekker dit is om op ’n piesangskil te teken.” Hy het eers die kuns om op ’n piesang te teken vervolmaak en toe meer komplekse uitdagings aangepak soos om die piesangskil te begin weg kerf.

A photo posted by Stephan Brusche (@isteef) on

Bron: Bored Panda; Instagram

Lees ook op Huisgenoot.com:

Familie verpletter ná ongeluk Afrikaanse sanger eis en sy rekenaar met nuwe musiek van toneel verdwyn

Kyk net hoe pragtig vorder dié beeldskone bekendes se swangerskappe!

Kyk net watter hartebreker het weer pa geword!

‘My seun, die hamermoordenaar’: verslae ma maak hart oop

‘Hy beweeg nie eintlik nie’ – Pa se noodkreet ná hy sy huilende baba dood skud