Dis iets wat die meeste kantoorwerkers al oorgekom het . . .

Jy los jou heerlike, tuisgemaakte middagete in die kantoor se koelkas – en met etenstyd kom jy agter ’n kollega het jou smullekker ete (of ’n belangrike deel daarvan) gegaps.

Dit het ene Wayne onlangs oorgekom.

En Wayne was natuurlik woedend. Toe besluit hy om die skuldige te laat weet hoe hy voel.

“Aan wie ook al gister die ham uit die koelkas gehaal het, laat weet asseblief in ’n nota hoe dit was. Dankie, Wayne.”

’n Reddit-gebruiker het ’n foto gedeel van die briefie wat sy kollega, net bekend as Wayne, teen die koelkas in die kantoor geplak het. En ook die dief se antwoord!

Nie net het die ham-dief geen skuldgevoelens gehad nie; hy het sowaar die vermetelheid gehad om te skryf: “Dit was ’n bietjie souterig, 6/10.”

lunch

Eisj!