Dit sal jou waarskynlik twee keer laat dink oor daardie kennisgewings wat op jou skerm opduik...

Boodskappe wat vir ’n iPhone-gebruiker se oë bedoel was, het openbare kennis geword nadat ’n Skotse skrywer, Kat, ’n foto Saterdag getwiet het met die woorde: “Iemand het sy foon by my vriend se werk vergeet.”

Ongelukkig vir die arme ou het daar ’n paar boodskappe vir hom gewag wat hom sou laat bloos – en die kennisgewings op die skerm het beteken enige nuuskierige verbyganger kon dit lees sonder om die toestel te ontsluit, berig The Mirror.

Die nuuskierige verbyganger wou hul kollega se skandes met die wêreld deel en het ’n foto van die skreeusnaakse boodskappe in die sosiale media gedeel.

phone Die foto wys daar is ’n oproep van sy ma, gevolg deur WhatsApp-boodskappe vol vloekwoorde van die eienaar se ma en nog ’n boodskap van Gaz wat volgens The Sun sy broer is. Die foto het vinnig op Twitter versprei – daar is reeds 25 000 hertwiets en 67 000 mense het binne enkele dae die like-knoppie gekliek. “Aan mense wat my gevolg het oor Gaz en sy vermiste wors, ek is bevrees ek het nie enige nuus oor of hy met net twee reggekom het nie,” het Kat op nuuskieriges se kommentaar gereageer.

Sy het later ontdek die wors waarvan gepraat is, is Quorn-wors, wat “dinge nog meer absurd gemaak het”.

Bronne: The Mirror, The Sun, Mashable