Raar, maar waar! Ryan Watenpaugh van Amerika het glo sy eksmeisie se Pommerhond, Bear, opgesny en sonder haar kennis aan haar gevoer.

Die 34-jarige man, wat ook van huishoudelike geweld aangekla word, het glo twee van die hond pote buite die vrou se huis in Kalifornië gelos en haar in ’n  SMS gevra hoe haar hond geproe het.

“Dit het ons regtig geskok toe ons die SMS-boodskappe oor die voorval lees,” sê sers. Todd Cogle.

Ryan word nou aangekla van dieremishandeling, huishoudelike geweld, agtervolging en wederregtelike inhegtenisneming, maar hy beweer glo hy het nie die hond doodgemaak of gekook nie, en dat hy die pote van ’n ander dooie hond gebruik het.

“ ’n Mens kan sien dat die verhouding uiters giftig was. Dit was ’n drukkoker van woede en wrok,” voeg Todd by.

- Janine Nel

Bron: mirror.co.uk