Ivan (59) het nie minder nie as vier van sy meisies oorgehaal om onder die mes te gaan – en sy huidige meisie, Victoria Highlander (47), het dit drie keer gedoen. Hy het ook ’n uiters omstrede boek oor die onderwerp geskryf. Dis gepas getitel The Convince Her to Get Bigger Breasts Manual. Ivan is so oortuig sy tegniek sal resultate oplewer dat hy ’n geldterugwaarborg bied. Tot dusver het nog net een man sy geld teruggevra – en duisende eksemplare is al verkoop.

Victoria het verlede week die nuus gehaal toe sy onthul sy het haar borste van ’n milde D-keël na ’n kolossale K laat vergroot. Sy gee wel toe sy het nie aanvanklik van die idee gehou nie.
Volgens haar het haar reuse borste wel hul verhouding “verbeter”, maar sy erken sy sou nie die operasie ondergaan het as sy self die rekening van sowat R130 000 moes betaal nie.

“Natuurlik was ek eers woedend, soos die meeste vroue sou wees,” sê sy. “Jy dink hy moet jou liefhê soos jy is; daarom was my eerste reaksie: ‘Nee, hoekom laat vergroot jy nie jou penis nie?’ Maar nou is ek meer volwasse. Ek het drie kinders geborsvoed en wou weer sexy voel.”

Volgens haar het haar reuse borste wel hul verhouding “verbeter”, maar sy erken sy sou nie die operasie ondergaan het as sy self die rekening van sowat R130 000 moes betaal nie. Ivan was maar te gewillig om sy sak daarvoor te skud.

“Vroue het dieselfde reg om hul man so iets te vra as hulle bereid is om hul fantasieë te vervul,” sê Ivan ter verdediging van sy voorliefde, wat hy meen die rede vir sy gelukkige verhouding is. “Baie verhoudings word eentonig, veral seksueel, en ons geniet dit om ietsie ekstra in hierdie deel van die lewe te hê.”

Bronne: itv.com, dailymail.co.uk