Dr. Sam Axelrad het Nguyen Quang Hung se arm in 1966 afgesit nadat hy gangreen gekry het. Sam het dit al die jare as ’n aandenking gehou, maar dit nou aan sy pasiënt terugbesorg.

Nie dat dit ’n maklike taak was nie: Sam het nie Nguyen se adres geken nie; hy het hom per riemtelegram opgespoor.

Nguyen het aan BBC News gesê: “Ek is baie bly om ná amper ’n halfeeu weer hierdie liggaamsdeel te sien. Dis ’n bewys van my bydrae tot die oorlog. Ek gaan dit in my huis in ’n vertoonkas bêre.”