'n 32-jarige man is kritiek beseer in die botsing tussen 'n ligte voertuig en 'n bus. Met hul aankoms op die toneel het paramedici die wrak van die voertuig in die middel van die pad aangetref.

Die bus het 'n entjie verder tot stilstand gekom.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het gesê die man was in die voertuig vasgekeer en meganiese kake moes ingespan word om hom uit te wrak te verwyder.

Foto: REZA

Hy het verskeie beserings opgedoen en sy toestand word as kritiek bestempel. Hy is na die Steve Biko-hospitaal geneem vir dringende mediese aandag.

Die busbestuurder is ook op die toneel behandel voordat hy ook hospitaal toe geneem is.