Die voorval het omstreeks 14:45 by die Mooirivier Beskerming in Potchefstroom plaasgevind.

Die Mooirivier Beskerming het plaaslike owerhede en ER24- paramedici na die toneel ontbied.

Russel Meiring, ER24- woordvoerder, het die voorval bevestig en sê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die man langs ’n draad onder ’n spantoring gevind.

“Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy ernstige brandwonde regoor sy liggaam opgedoen het en dat hy in ’n kritieke toestand is.”

Volgens Russel is die man onmiddellik vir sy beserings behandel.

“Daar is verskeie gevorderede lewensondersteuning aan die man verskaf voor hy na die Potchefstroom provinsiale hospitaal vervoer iss vir verdere mediese behandeling.”

Daar heers nog onsekerheid oor die omstandighede van die voorval maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.