Gordy Yates en sy tweelingsuster Meredith Tuttle is teenoorgesteldes van mekaar. Hy’s ’n enkelloper wat in Taiwan woon en geniet dit om die wêreld plat te reis. Sy is ’n getroude ma van twee.

Happy Monday from my body to yours. #mondaymotivation #hongkong

A photo posted by Gordy Yates (@gordyyates) on
Meredith gee elke jaar op hul verjaarsdag vir haar broer ’n “koel” geskenk. Hy’t nog nooit vir haar iets gekoop nie. “En ek is die slegste broer want ek koop nooit iets vir haar vir haar verjaardag nie,” skryf Gordy in sy blog. “Ek koop oor die algemeen nie vir iemand ’n verjaarsdaggeskenk as hulle ver weg woon nie, so daarom koop ek nie gewoonlik vir haar iets nie al koop sy altyd vir my iets.”
Maar die reisslaaf het uiteindelik besluit om vanjaar vir hul 28ste verjaardag iets moois te doen en 28 van haar Instagram-inskrywings herskep deur die bure se kat in te span. “Dit was glad nie vreemd nie, want ek’s nog nuut in die gebied en leer nog die mense ken.”
Maar hoekom ’n kat? “Hulle (die kat en baba) hou albei daarvan om van die grond af te eet en daaroor te kruip, albei hou daarvan om my te byt, albei is baie klein, moeilik om te beheer en ek kan nie die lewe aan enigeen van die twee skenk nie,” het hy gesê. Gelukkig vir hom was Meredith “dol daaroor”.

Bronne: boredpanda.com, buzzfeed.com