Die voorval het omstreeks 19:45 by die Feather Square-inkopiesentrum gebeur.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die man by die supermark gestop toe die mans hom ander.

“Die verdagtes het agter die man se motor gestop,” het konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder, gesê.

“Twee van die verdagtes het in ’n rusie met die man betrokke geraak terwyl twee ander agter die man se motor gewag het.”

Volgens Gloria het een van die verdagtes verskeie skote op die man afgevuur wat hom in die bolyf getref het. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die verdagtes het in ’n silwer BMW gevlug en is steeds soek.

Gloria sê die motief van die aanval is nog nie bekend nie.