Alex Gomez, van Lake Elsinore, is Maandag in die hospitaal opgeneem nadat die slang van 1 m hom vol gif gespuit het. Hy het die reptiel glo in ’n veld naby sy familie se veeplaas gesien.

“Hy was baie dun en het 10 ratels aangehad. Dit het geratel,” sê Alex se neef Ronnie, wat tydens die voorval by was. “Hy was boos.” Alex is toe na die hospitaal gebring waar hy met teengif behandel is. Maar ondanks die dokters se pogings, loop hy steeds die gevaar om sy hand te verloor. “Sy vel vrot reeds weg,” sê Alex se ma, Deborah. En sy het geen simpatie nie.

“Ek is geskok dat hy die ding om sy nek gehou het,” sê sy.

“Hy kon sy (Alex se) nek gepik het en dit sou die einde gewees het. Dit was net dwaas gewees.”

Bronne: losangeles.cbslocal.com, metro.co.uk