.

“Die huis is oud en is deur die aardbewing getref. Dit het ineengestort terwyl die man binne was. Reddingspanne kon hom uithaal; hy het geringe kneusings opgedoen. Dit is al huis waarvan ons tot dusvêr weet,” het die woordvoerder vir die munisipaliteit se nooddiens, Tommy Dalziel, gesê.

Die munisipaliteit sluit dorpe soos Klerksdorp en Orkney in.

Die huis is tussen Klerksdorp en Orkney geleë, het hy gesê.

Die munisipaliteit het wyksraadslede in die gebied aangemoedig om enige voorvalle in die gemeenskap aan te meld.

“Ons kontak alle wyksraadslede en reddingswerkers om vir enige gebeurlikhede in woongebiede op bystand te wees.”

Die aardbewing het Dinsdagmiddag plaasgevind. Geboue het geskud, prente en vensters het gekletter en geboue is gevolglik ontruim

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskap het die bewing op 5,5 op die Richter-skaal bepaal.

Die Geologiese Opname van die Verenigde State het gesê dit was ’n aardbewing van 5,3.

Die raad kon nie verklaar waarom die Geologiese Opname ’n laer getal gehad het nie.

ER24 het berig ’n man is ná die aardbewing dood aangetref.

“ ’n 31-jarige man is dood aangetref in ’n ou myndorp in Orkney, Noordwes,” het ’n ER24-woordvoerder, Luyanda Majija, gesê.

“Hy het onder puin gelê.”

Reddingswerkers is op die dorp.