Die vrou, wat as die 32-jarige Lara Rigs geïdentifiseer is, het volgens DispatchLive in AO Résidence de Luxe‚ in Grand-Baie gewoon.

Sy het ook glo Switserse burgerskap gehad.

Volgens TimesLive is Lara verkrag en het haar werkgewer haar rondom 15:00 in haar kamer gevind ná sy nie vir werk opgedaag het nie.

’n Man, Sahib Meerhossen, het Dinsdag in die hof verskyn in verband met Lara se dood, berig Lagazette News

Volgens Top FM, ’n radiostasie in Mauritius, is Sahib Maandagaand in hegtenis geneem.

Hy was glo ’n hekwag by die veiligheidskompleks waar Lara gewoon het, berig MotiNews.

Lara is glo half-naak in haar bed aangetref. Sy het ’n diep sny in haar nek gehad. Luidens berigte was daar nie tekens van enige struweling nie. Net haar selfoon is tot dusver weg.

Daar word vermoed dat sy Sondagaand dood is.