Die voorval het in Maroelalaan, Kleinmond, plaasgevind.

Luidens berigte het die verdagte die kind verskeie keer met ’n mes gesteek. Hy het glo ook die kind herhaaldelik met ’n klip geslaan.

Die kind het op die toneel aan sy wonde beswyk. Die motief vir die moord is nog duister.

Dit is ook nie bekend of die verdagte en die slagoffer mekaar geken het nie.

Sers. Leon Fortuin, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

"Die polisie ondersoek ’n saak van moord. ’n 33-jarige verdagte is in verband met die moord in hegtenis geneem en sal eersdaags in die hof verskyn sodra hy aangekla is."

Leon het die publiek versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel as hulle enige inligting oor die voorval het.