115926305_86a876490d_b

’n Britse man hik al van Julie verlede jaar af.

Daniel Clavin het sedert hy verlede Julie ná ’n rampartytjie wakker geword het, na raming 5,25 miljoen keer gehik. Hy het geen benul wat die toestand veroorsaak het nie, en het al enigiets van endoskopieë, ’n CAT-skandering, ’n verandering van dieet en kalmeermiddels daarvoor probeer. Als was tevergeefs, want hy hik nog getrou elke sewe sekondes.

Hy sê aan die Daily Mirror: “Ek het geen idee waarom dit begin het nie. Ek het meer gedrink as in die voorafgaande maande, maar niks vreemds nie, net die gewone kombinasie van bier en sterk drank.

“Al wat nog gewerk het, was die chiropraktisyn wat ’n senuwee in my nek gemanipuleer het.

“Dit het net tien dae gehou. Ek het ook al die boererate probeer, soos asyn en suiker, en om in ’n sak asem te haal.”

- Bang Showbiz

Foto: Amy Kellogg op Flickr