’n Amerikaanse man beweer hy het die afgelope 11 jaar al meer as 5 000 spesies insekte geëet.

David Gracer van Providence, Rhode Island, het ’n voorraad van 12 000 goggas in sy vrieskas, onder meer skerpioene en kakkerlakke. Hy is al dikwels “gek” genoem as gevolg van sy ongewone beheptheid.

Hy het op die TLC-program My Crazy Obsessions gesê: “Mense noem my mal, vreemd of siek. Dis seker wat dit beteken wanneer jy iets ongewoons doen.

“Mense is so skynheilig. Solank goggas in die see is – krappe, steurgarnale en kreef – is hulle piekfyn om te eet, maar goggas op land is skielik grillerig.”