Hy het sy drie jaar oue dogtertjie, Raisa, se hulp ingeroep om party van die paartjie se foto’s te herskep. Die dogtertjie, wat skaars ’n jaar oud was toe Tatiane tragies sterf, kan gesien word waar sy haar nes haar ma aantrek en toe saam met haar pa poseer. Die oorspronklike foto’s is in 2009 geneem, ongeveer ’n week voor die paartjie se troue.
Op die herskepte foto’s dra Raisa dieselfde juweliersware wat haar ma gedra het vir haar fotosessie. Selfs dieselfde hond verskyn in albei fotosessies – Rafael het Raul vir Tatiane gekoop net nadat hulle begin uitgaan het.

Die herskepping is deur die blogger Ben Nunery geïnspireer. Hy het ’n soortgelyke fotosessie geneem ter herinnering aan sy vrou, wat aan kanker gesterf.

Bronne: boredoanda.com, elitedaily.com