Volgens ER24 het paramedici kort voor middernag die man in ’n voertuig op die hoek van Van Buuren en Van der Linde-weg gevind.

Hy was in die bestuurdersitplek met die venster afgerol. Die agterste vensters was stukkend.

Die man het gesterf aan ’n skietwond in sy bors maar dit blyk dat hy ook verwurg is.

Geen identiteitsdokumente van enige soort kon op die man gevind word nie. 

Kapt. De Jager, Ekurhuleni se polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ’n saak van moord is geopen.