Michael Chico het flitsende ligte aan sy motor se dak vasgemaak en tot heel voor in die tou gery. ’n Polisieman, Steve LeSeuer, het toevallig ook in die tou gewag en gedink sy voertuig lyk verdag.

Steve het die man ’n rukkie gevolg en eindelik gekonfronteer. Michael het erken dat hy nie ’n polisieman is nie en gereeld die ligte gebruik om die verkeer vry te spring. Michael is op borgtog van sowat R182 000 vrygelaat en sal binnekort weer in die hof verskyn.

Bronne: AP, Yahoo News