’n Vrou (20) in die hof in Trondheim, Noorweë, getuig sy het verlede jaar in Maart haar baba op 12 weke verloor ná haar destydse kêrel en die pa van haar ongebore kind se tweede poging om van die baba ontslae te raak. “Hy het ’n paar keer probeer om my te oortuig om ’n aborsie te kry, maar dit was nie eens ’n opsie vir my nie,” sê die vrou. Die man het getuig hy het toe aborsiepille op die internet gekoop en in sy meisie se smoothie gegooi.

'Hy was bekommerd die baba sou met gestremdhede gebore word...'

Hy het getuig hy het al voorheen probeer om die swangerskap te beëindig, maar toe hy sien sy meisie is steeds swanger, het hy benoud geraak. Hy was bekommerd die baba sou met gestremdhede gebore word weens sy eerste, mislukte poging.

Hy het getuig dat hy daarna baie skuldig gevoel het, maar besluit het hy moes sy meisie weer die pille ingee, want “dit was al uitweg.”

Hy het skuldig gepleit op ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en om sy meisie se swangerskap te beëindig sonder haar toestemming.

Die staatsaanklaer, Kaja Strandfjord, het gesê die hoeveelheid pille wat die man fyngemaak het om in die smoothie te gooi, was die presiese dosis om ’n aborsie te verseker en als is fyn beplan.

Die staat het gevra die man moet sewe jaar tronkstraf opgelê word.

Uitspraak word op 17 Maart verwag.

*Nie die man en vrou is nie geïdentifiseer nie.

Bronne: SkyNews. Mirror