Hoe gemaak as jy nie in die donker kan sien nie? As jy ’n roker is, het jy gewis altyd ’n sigaretaansteker byderhand.

Opsigselwers is dit ’n baie nuttige item om te hê. Maar ai, dan moet jy dit nie gebruik soos die arme drommel van Wes-Victoria, Australië nie.

Hy wou brandstof in sy motor gooi maar kon nie mooi in die donker sien wat vir wat gaan nie. Toe gebruik hy maar sy sigaretaansteker om lig by die oop brandstoftenk te maak.

Nodeloos om te sê dat dit die verkeerdste ding was om te doen, want nog voor hy enigiets verder kon doen, het sy motor in vlamme uitgebars!

Volgens ABC-nuusagentskap het die polisie gesê die man is nie beseer nie, maar sy motor het wel groot brandskade opgedoen.

Skynbaar het die motor sonder brandstof gaan staan sowat ’n kilometer van ’n dorpie genaamd Ararat. Hy het na die dorpie geloop, brandstof gekoop en weer terug na sy motor toe.

"Omdat daar nie lig was nie, het hy, terwyl hy besig was om brandstof in sy motor te gooi, sy sigaretaansteker gebruik lig te maak sodat hy kon sien wat hy doen,” het 'n polisiebeampte gesê.

- Sapa