Stefan het die pastoor verlede jaar op 11 April herhaaldelik met ’n mes gesteek in haar broer se werkwinkel en sy het aan die beserings beswyk. Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en van moord aangekla.
Stefan en sy vrou, Leandri (30), was glo tydens die voorval vervreemd van mekaar en hulle is later verlede jaar uiteindelik geskei.

Leandri sê vandag was vir haar ’n moeilike dag in die hof.

“Dit is nie maklik nie. Dis asof ons daardie dag elke keer herleef. Dit is seer,” het sy aan Huisgenoot.com gesê.

Stefan sal môre weer in die hof verskyn.