ABC US News | World News

Die egpaar van San Diego het dit gehaat om weg van mekaar te wees.

“Hulle was al kêrel en meisie toe hulle agt jaar oud was,” vertel hul seun, Richard.

“My pa het altyd ’n foto van my ma in haar voorstellingsuitrusting in sy beursie met hom saamgedra,” voeg hul dogter, Aimee, by.

“Hul harte het as een geklop so lank as wat ek kan onthou.”

’n Paar weke gelede, voor die egpaar hul huweliksherdenking op 29 Junie kon vier, het Alexander sy heup gebreek en bedlêend geraak. Jeanette se gesondheid het ook begin agteruitgaan.

Die hospies het hul beddens langs mekaar geplaas.

Later is Alexander in sy geliefde se arms dood.

“En hy is in haar arms dood, presies soos hy dit wou gehad het. Ek het daar ingegaan en vir my ma gesê hy is weg. Sy het hom omhels en gesê: ‘Sien, dit is wat jy wou gehad het. Jy is in my arms dood en ek is lief vir jou. Ek is lief vir jou, wag vir my. Ek sal binnekort daar wees’,” vertel Aimee.

Minder as 24 uur later is Jeanette ook oorlede.

Die egpaar is op 27 Junie op ’n gesamentlike begrafnis en viering van hul 75ste huweliksherdenking begrawe.

Bronne: huffingtonpost.com, abcnews.go.com, elitedaily.com