Die man en vrou was na bewering ’n paartjie en het Sondag op klante in CiCi’s Pizza in Las Vegas begin skiet. Twee polisiebeamptes en nog ’n persoon is dood.

Die man het volgens berigte voor die skietery geskree “Dit is die begin van ’n revolusie!” en op mense in die restaurant losgebrand, waarna hulle polisie se gewere afgevat het en ’n supermark naby die restaurant binnegegaan het.

Hulle het in die supermark selfmoord gepleeg.

Ondersoekbeamptes het in hul voorlopige ondersoek op Swastika-simbole afgekom, wat daarop dui dat die skieters deel was van ’n witheerskappy-beweging.

Bron: BuzzFeed News