’n Jong man van Noordwes en sy oom het die naweek in raaiselagtige omstandighede op Baberspan naby Delareyville gesterf, berig Netwerk24.  

Hendro Schutte en sy vrou, Yolandie, met wie hy agt maande gelede getroud is
Volgens ’n familielid het Koos Venter (56) en Hendro Schutte (29) Saterdag met ’n boot op die dam gehengel, iets wat hulle gereeld gedoen het.

Volgens die familielid het hulle later die middag bekommerd geraak toe die twee nie huis toe kom nie.

Koos se lyk is Sondag gevind waar dit op die dam gedryf het, maar polisieduikers het nog Maandag na Hendro se lyk gesoek het.

Die lyk van sy oom, Koos Venter (56), is Sondag gevind waar hy op die dam gedryf het.

Volgens Netwerk24 is dit onseker presies wat gebeur het omdat daar nie ooggetuies was nie, maar die boot is aangetref met die een punt wat bo die water uitsteek.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

‘Oom Corrie is weg’ – man van 300 kg sterf

Operasie sal Keegan nuwe glimlag gee