James Rogers (72) en sy troetelhond, Leia, is albei dood nadat die slotmeganisme van sy 2007 Corvette onklaar geraak het. Hy kon nie die motor se deure oopkry nie en was in die bloedige hitte binne-in vasgekeer.

James en Leia het min wetend in sy motor geklim nadat hulle by ’n plaaslike restaurant geëet het. James het sy foon in die restaurant vergeet en kon nie om hulp bel nie.

Omstanders het vergeefs probeer om die man en sy hond uit die motor te bevry, maar geeneen kon die deure oopkry nie.

’n Brandweerman het eindelik ’n motorruit gebreek, maar dit was te laat.

Dit is glo nie die eerste keer dat iemand in ’n Corvette vasgekeer word nie. Op ’n aanlyn forum skryf heelwat van dié motor se gebruikers hoe hulle ’n noue ontkoming gehad het nadat hulle in hul motor vasgekeer was.

Dit gebeur glo wanneer daar te min krag in die motor se battery is om die elektroniese deurslotte oop te maak.

Ironies genoeg het James altyd gespog met sy Corvette en dit sy “droomkar” genoem.

Bronne: NY Daily News; Daily Mail