“Hierdie twee moet sorg dat hulle oor die weg kom,” was Lonnie Turner se byskrif by ’n fotosamestelling van twee vroue.

“Ek werk uiters hard en dink ek verdien alles wat my hartjie begeer. Hoekom kan jy nie albei gelyk hê nie??? Ek wil baie hê!!”

Terwyl Lonnie se bedoelings agter die plasing onduidelik is, het internetgebruikers gou tot die vroue se verdediging gekom.

“Ek wonder hoe jy sou voel as jou ma so behandel is . . .” het Alegria Monique Pizarro gevra.

“Lonnie, jy weet ek is lief vir jou, my vriend, maar jy moenie vir Tammy so met hierdie plasing te na kom nie,” het Susan Loren gesê.

“Dit het gelyk of julle twee weer goed op dreef is. Sy is jou vrou en die ma van jou kinders. Uit respek vir jou seuns en jou vrou, wat ek weet jy liefhet ondanks al die dwaasheid . . . dink ek jy moet die plasing verwyder.”

Lees ook: Bekende paartjie deel in groepswoeps

“Jy moenie mense soos vullis behandel net omdat jy kan nie. Dis nie ’n goeie beeld nie, Lonnie,” het Tiffany Hodge laat hoor.

“Oneerbiedig verby! Haal Helen Yancy asseblief van die plasing af! Sy is van kleins af my beste vriendin en ek weier om dit toe te laat!” het Leslie Marie geëis, en die vrou aan die regterkant bygehaak.

Lees ook: ‘Alles wat ons doen, doen ons saam’ verklap Victoria Beckham oor manlief David

Terwyl baie mense Lonnie geroskam het dat hy sy vuil wasgoed in die openbaar uithang, het ander gebruikers sy “eerlikheid” geprys.

“Ek bewonder net sy eerlikheid, dis al . . . Ten minste is hy eerlik en daar is geen geheime nie! As hulle kies om by hom te bly, is dit regtig sy fout?” wou Letitia Padua weet.

“Dit is vernedering, nie eerlikheid nie,” het nog ’n gebruiker opgemerk.

Lonnie het sy besluit om sy dilemma op sosiale media te deel in die kommentaarafdeling verduidelik.

“Elkeen in die lewe het keuses,” het hy in een kommentaar geskryf. “Ek spreek eenvoudig my begeertes uit. As iemand kies om af te wyk van wat ek voel ek verdien, mag die Here hulle nie net seën nie, maar mag die Here in AL hul behoeftes voorsien!!!”

In ’n ander kommentaar sê hy: “Ek het gekies om dié twee die afgelope paar jaar aan te vat, maar dit lyk of dit te uitdagend word weens die haat wat hulle vir mekaar het.”

“Enigeen van die twee kan hul ‘hoed en jas’ vat en na ’n ander situasie beweeg,” het hy ook geskryf.

“Ek sê bloot wat my begeerte is sodat hulle albei sal verstaan wat vereis word. Ek het hulle albei privaat gesê. Nou behoort hulle te weet ek is doodernstig en ons het die hele wêreld as getuies.

“Ek is nie ’n gewone ou nie. Ek het die vermoë om lewens te verander. Ek is ook baie vrygewig. My vrou het ’n goeie lewe gehad nog voor ons getroud is, danksy die feit dat ons kinders gehad het. Hulle albei onthou hoe die lewe voor my was. Ek is seker hulle wil nie weer oorskiettacovleis en sop eet nie.”