Curt Almond (26) is ’n restaurantbestuurder wat amper R730 per week aan nuwe Calvin Klein-onderklere bestee het. Hy het die onderklere net een keer gedra en dan weggegooi.

Die beheptheid spruit glo uit sy walging van ’n vorige maat wat dikwels drie agtereenvolgens dieselfde onderklere gedra het. Nadat die verhouding op die rotse geloop het, het Curt elke dag ’n splinternuwe onderbroek aangetrek om oor dié maat te kom. “Ek het op ’n punt gekom waar ek ongemaklik gevoel het tensy ek ’n nuwe een aanhet,” het hy gesê.

'Ek het op ’n punt gekom waar ek ongemaklik gevoel het tensy ek ’n nuwe een aanhet,' het hy gesê.

Die Calvin Klein-onderbroeke het egter te duur geword en hy moes vinnig goedkoper pare koop. Hy het selfs later weer by sy ma ingetrek om sy beheptheid te kon bekostig.

Hy het eendag na sy geldsake gekyk en besef dat hy al sy spaargeld aan onderklere bestee. Hy het homself toe oorreed dat dit net hy is wat die onderklere klere dra en dat hy darem baie higiënies is.

Curt het sy obsessie stopgesit, maar bederf hom nog af en toe met ’n nuwe paar.

Bronne: Daily Mirror, Twitter, DailyMail