Die voorval het Dinsdagaand omstreeks 20:30 in Yellowstraat in Bonteheuwel, Kaapstad, plaasgevind.

Luidens berigte het die paartjie in hul voertuig gesit toe die onbekende man die voertuig nader en op hulle begin skiet.

Onsekerheid heers rondom die omstandighede van die voorval.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die verdagte is steeds op vrye voet.

Maar die motief vir die voorval is nog duister.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en die motief moet nog vasgestel word. Geen inhegtenisneming is al gemaak nie. Die polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.”

Andrè het die publiek versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel as hulle enige inligting oor die voorval het.