Kol. Jay Naicker het gesê ’n geregtelike ondersoek is gelas.

“Daar word beweer dat ’n ’n 20-jarige man Maandagoggend omstreeks elfuur in ’n goederehysbak by sy werkplek gewerk het toe dit val.”

Die voorval het by die Hypercheck-supermark in Prince Edward-straat in Durban plaasgevind.

’n ER24-woordvoerder, Russel Meiring, het gesê volgens paramedici op die toneel is die man doodgedruk toe hy in die hysbak se deure vassit.

“Nooddienste moes die hysbak se deure oopbreek om die vasgekeerde man se liggaam te bevry.

“Getuies op die toneel sê hulle het gaan ondersoek instel nadat hulle die man se gille gehoor het,” het Russel gesê.

- Sapa