’n Rekenaarprogrammeerder van Guangzhou, China, het alles uitgehaal om sy meisie die jawoord te vra – hy het sowat R900 000 geblaas op 99 splinternuwe iPhone 6s’e en dit in ’n hartvorm uitgepak.

[caption id="attachment_87902" align="aligncenter" width="600"]Die arme ou het selfs nog geld oorgehad om vir haar ’n bos blomme te koop. FOTO: http://weibo.com/u/3277265825 Die arme ou het selfs nog geld oorgehad om vir haar ’n bos blomme te koop. FOTO: http://weibo.com/u/3277265825[/caption]

Volgens berigte is die enorme bedrag gelykstaande aan 17 jaar van ’n deursnee-werker se salaris.

Ongelukkig het sy oogappel nie belanggestel nie en het die huweliksaanbod voor ’n groot groep kollegas (wat hy bymekaargeroep het om alles te aanskou) van die hand gewys.

[caption id="attachment_87903" align="aligncenter" width="600"]Die enorme bedrag gelykstaande aan 17 jaar van ’n deursnee-werker se salaris. FOTO: http://weibo.com/u/3277265825 Die enorme bedrag gelykstaande aan 17 jaar van ’n deursnee-werker se salaris. FOTO: http://weibo.com/u/3277265825[/caption]

Om sake te vererger is foto’s van die ongelukkige kêrel op die Chinese mikroblog-webtuiste Weibo gedeel. Terwyl niemand die vrou se presiese antwoord genoem het nie, het bloggers gesê sy het hom wreed verwerp.

Die arme vent! Ten minste sal hy seker baie kopers vir al daardie iPhones hê.

Bronne: dailymail.co.uk, telegraph.co.uk, eonline.com