’n Inbreker het ’n vrou se as vir kokaïen aangesien en dit gesteel.

William Cantrell van Nashville-Oos het ’n kissie en ’n Xbox by sy buurman gesteel, maar kon homself skop toe hy by sy ouma Wanda Allen se huis agtergekom die poeier in die kissie is in werklikheid sy buurman se verasde ma se oorblyfsels.

Wanda het aan News Channel 5 gesê: “William het gedink dis dwelms. Hy het gedink hy het op ’n kissie vol kokaïen afgekom.

“As hy begin drink en dwelms gebruik, gaan dit rof. Hy het hulp nodig. Daar moet meer vir hom gedoen word as om hom net in die tronk te stop.”

William se ma, Kathy, het bygevoeg: “Hulle laat dit klink asof hy ’n slegte, aaklige mens is omdat hy by die huis ingebreek en die vrou se as gesteel het.

“Ek sê nie hy is onskuldig nie, maar hy het mos nie geweet wat hy steel nie.”