Waarskuwing: Grafiese video mag sensitiewe kykers ontstel

Die video wat op YouTube gelaai is, het ’n groot debat ontlok. Daarin kan gesien word hoe ’n helder oranje lig by ’n elektriese spantoring flits en kan twee harde knalle gehoor word. Daarna sien ’n mens hoe iemand van die bopunt van die toring af deur die lug aarde toe trek.

Die volgende videogreep wys wat veronderstel is om die man te wees wat geskok is en geval het. Hy loop rond met, sover ’n mens kan sien, geen ernstige beserings of gebreekte bene nie. Hy het wel talle brandmerke aan sy lyf opgedoen.

Die video wys die man is verward ná die harde val en sukkel om sy asem terug te kry.

Dit is nog onduidelik waar die video geneem is, maar sedert dit Woensdag op YouTube gelaai is, is dit reeds meer as 80 000 keer gekyk.

Baie mense meen natuurlik dis onmoontlik om so ’n skok en val te oorleef. Hulle is daarvan oortuig die man wat by die toring afgeval het en die een wat kort daarna op die grond loop, is twee verskillende mense.

Bronne: mailonline, youtube, huffingtonpost, dailymail