Die bruidegom het glo die ontdekking die oggend ná hul troue in Algerië gedoen. Hy het aanvanklik nie geglo dis sy nie en haar vir ’n dief aangesien wat daar was om sy woonstel te besteel.

’n Bron het aan Emirates 247 gesê: “Hy het gesê sy het hom mislei omdat sy haar gesig voor hul troue vol grimering geplak het. Hy’t gesê sy was mooi en aantreklik voor hul troue, maar toe hy die oggend wakker word en sien sy’t haar grimering afgewas, het hy geskrik omdat hy gedink het sy is ’n dief.”

Die man beskuldig sy vrou van bedrog en meen sy moet sowat R255 000 opdok vir die “sielkundige lyding” wat dit volgens hom veroorsaak het.

Bronne: metro.us, mirror.co.uk